64ste Oscar-toekenningsaand

  64ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 30 Maart 1992
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Billy Crystal
Pryse & benoemings
Beste rolprent  The Silence of the Lambs
Meeste pryse  The Silence of the Lambs (5)
Meeste benoemings  Bugsy (10)

Die 64ste Oscar-toekenningsaand is op 30 Maart 1992 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1991. Die aanbieder was Billy Crystal.

The Silence of the Lambs het die meeste Oscars (vyf) gewen, onder meer vir beste prent, regisseur, akteur en aktrise.[1]

Enkele dae voor die seremonie het LGBT-aktivistegroepe soos Queer Nation en Out in Film planne aangekondig vir ’n optog buite die Dorothy Chandler Pavilion[2] uit protes teen die kleinerende en onvleiende uitbeelding van homoseksuele in prente soos The Silence of the Lambs, JFK en Basic Instinct.[3][4] Hulle wou ook die verrigtinge in die teater ontwrig.[5] Op die dag van die seremonie het verskeie demonstreerders plakkate gedra met slagspreuke soos "Stop Hollywood's Homophobia" en "Hollywood Stop Censoring Our True Queer Lives."[6][7] Net een man met ’n kaartjie is uit die teater begelei nadat hy statistieke oor vigs geskree het tydens die voorstelling van ’n beste-liedjie-optrede.[8]

  1. Pristin, Terry (31 Maart 1992). "'Silence of the Lambs' Sweeps 5 Major Oscars : Movies: Thriller is only the third film to take all key categories. Palance, Ruehl win for supporting roles". Los Angeles Times. Tribune Company. Besoek op 21 Augustus 2013.
  2. Wiley & Bona 1991, p. 834
  3. Wells, Jeffrey (27 Maart 1992). "Up the Academy". Entertainment Weekly (in Engels). Time Warner. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2013. Besoek op 12 September 2013.
  4. Weir, John (29 Maart 1992). "Film: Gay-Bashing, Villainy and the Oscars". The New York Times (in Engels). The New York Times Company. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2017. Besoek op 11 September 2013.
  5. Fox, David J. (16 Maart 1992). "What Impact on Oscar for Gay Protest?: Movies: Activists may stage disturbances at Academy Awards over demands for positive portrayals". Los Angeles Times. Tribune Company. Besoek op 11 September 2013.
  6. Levy 2003, p. 354
  7. Weinraub, Bernard (31 Maart 1992). "Hollywood life halts on Oscar day waiting for big night of winners". The Baltimore Sun (in Engels). Tribune Company. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 12 September 2013.
  8. Wiley & Bona 1996, p. 843

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search